ʼn Merkwaardige doodsnik-drie het gesorg dat die Blitsbokke Frankryk met een punt in Singapoer geklop het.
Lees meerUitsmyter Jake voor in Byron Nelson-toernooi
Die 29-jarige Knapp wat vroeër vanjaar die Mexiko-Ope gewen het om sy rekening in die Amerikaanse PGA-reeks te open, was ʼn jaar of twee gelede nog ʼn uitsmyter by ʼn Amerikaanse restaurant om die pot aan die kook te hou.
Sharks kán Clermont troef – Terblanche
“Clermont is ʼn groot en fisieke span en die Franse klub sal ongetwyfeld die Sharks se taaiste teenstanders van die afgelope paar wedstryde wees.”
Soete oorwinning vir SA se vroue-sewes in Singapoer
Die span het in die tweedefase groepwedstryd teen die Franse vasgeval en kom môre in die laaste groepwedstryd teen Japan te staan.
Video: ‘Dok’ Rassie beraam reeds planne
“As ons in die verlede bly leef, sal ons nooit suksesvol in die toekoms wees nie. Ons het nou ʼn paar jaar om aan ons span vir 2027 te bou; ons wil wen en ons wil suksesvol wees,” het Rassie Erasmus in Potchefstroom gesê.
Carlos Alcaraz se beseringspook wil nie wyk
Die 20-jarige Alcaraz het op X gedeel dat hy die Italiaanse Ope weens ʼn armbesering gaan misloop. Hy sukkel al geruime tyd met beserings.
1 teen 2 in Madrid-finaal
Die voorste twee vrouespelers op die internasionale tennisverhoog – Iga Swiatek en Aryna Sabalenka – sal weer in die eindstryd van die Madrid-ope rakette kruis.
Blitse sink Spaanse sewesarmada
Die Blitsbokke lyk honger vir sukses in Singapoer en hulle het vyf drieë teen Spanje gedruk.
‘Lekka!’ ‘Coach’ Rassie deesdae Dok Rassie!
Rassie Erasmus is ongetwyfeld ʼn sportmeesterbrein wat eredoktorsgraadkry met Wêreldbeker-lekkerkry kan klaarkry!
Bokke in gelykop stryd: dit reën punte in Queensland
Die jong Bokke het in ʼn gelykop stryd van 13-elk teen Nieu-Seeland in die eerste wedstryd te staan gekom. Argentinië het die Wallabies, ook op die Sonskynkus-stadion, met 25-6 getroef.
Wildeklawer-sporttoernooi in volle swang
Altesaam 195 spanne van 111 skole neem deel aan die toernooi, een van die land se gesogste sporttoernooie.
Vraag oor ‘baie wit’ T20-WB-groep: ‘Ek moet wenspan skep’
“My nommer een noodsaaklikheid is om ʼn wen-Protea-span te skep,” het Rob Walter, afrigter van Suid-Afrika se witbalspanne, gesê op ʼn vraag oor die oorheersend wit groep wat vir die T20 Wêreldbeker-toernooi gekies is.
Voormalige UFC-ster platgeslaan ná peuter se dood
“Ek het sy naam oor en oor geskree,” het Francis Ngannou op X gedeel.
Oudspeler meen Iere kan tam in SA wees
“Ek dink Ierland kan moeg wees wanneer hulle na Suid-Afrika toer. Maar in dieselfde asem is daar ook ʼn paar nuwe gesigte in die groep en ons spog met briljante afrigters,” het Gordon D’Arcy gesê.
Sage se voete jeuk vir sewesrugby
Dylan Sage is ʼn veteraan van 26 sewestoernooie en hy het die afgelope paar jaar vyftienmanrugby saam met die Bulls en Montauban in Frankryk gespeel. Hy is nou weer in die Blitsbok-groep vir die Singapoer-toernooi.
Ramphadi het sy oog op Parys
Donald Ramphadi se lewe het in ʼn oogwink verander toe hy as 12-jarige in ʼn rolstoel beland het. Dit het hom egter nie gekeer om sy stempel op die tennisbaan af te druk nie.
Proteas trek Anrich vir T20-skouspel nader
Daar is geen teken van spelers soos Faf du Plessis, Rilee Rossouw of Matthew Breetzke in die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker nie.
Nadal wil ‘aanhou droom’
“In die derde stel was daar ook foute, maar ek kon dinge ʼn bietjie meer onvoorspelbaar op die baan maak en dit was waarskynlik die verskil tussen wen en verloor.”
Bekende SA bokser sterf
Die voormalige wêreldbokskampioen Dingaan Thobela is Maandag dood aangetref in sy woonstel in Johannesburg.
Vunipola beboet ná opstootjie in Majorka
Hy het voet by stuk gehou dat daar “geen geweld en geen geveg was nie en dat ek niemand in enige stadium gedreig het – met bottels of stoele of enigiets anders nie”.