Nathan Brits het onlangs van Zimbabwe teruggekeer, waar hy ʼn eerste plek in die BMX Afcon-kampioenskap verwerf het.
Lees meerKimberley se gat(e) toegestop
Toe DF Marais, ʼn ingenieur van Kimberley, verlede jaar sien hoe ʼn ambulans voor hom se band bars toe dit ʼn slaggat tref, was dit die laaste strooi.
Twee stappers van rotse op Otter-staproete gered
Nie een van die vroue kon swem nie en hulle het hul rugsakke gebruik om kop bo water te hou.
Minister versoek om in te gryp by ‘smeerveldtog’
Dit kan slegs verklaar word as ons aanvaar dat Unisa se bestuur se motief is om dr. Mathura te teiken vanweë haar toewyding om wangedrag binne Unisa se geledere te identifiseer.
Twee vroue van mensehandel by OR Tambo gered
Verdere ondersoeke deur die Valke het aan die lig gebring dat Will die twee vroue op ʼn afspraak webwerf ontmoet het. Hy het die twee vroue na bewering werk in Kroasië met ʼn aanloklike salaris aangebied.
Video: 1 280 km met een tenk, dié sportnuts kan!
Weens die nimmereindigende verhoging in brandstofpryse is motoreienaars ál meer begaan oor hul voertuig se brandstofverbruik. Daarom het Isuzu Suid-Afrika vanjaar vir ʼn tweede keer ʼn opwindende uitdaging gereël om aan mense te bewys hoe brandstofvriendelik sy voertuie is.
Geloofspronge vir Rudi Muller net hoër
Daar was ongetwyfeld ʼn paar gebeurtenisse in die sanger en liedjieskrywer Rudi Muller se lewe wat hom genoop het om uiteindelik ʼn paar geloofspronge te neem waarvan hy voorheen altyd weggeskram het.
ANC se ‘verwoestende bemagtigingsnet’ al wyer gegooi
“In werklikheid wil die PPRA dit dus onwettig maak om ʼn eiendomsverwante besigheid te bedryf, tensy jy aan die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) voldoen.”
Drie sterf toe vliegtuig by huis neerstort
Die ongeluk het in ʼn residensiële gebied in Rieckmannstraat, Pioneers Park, plaasgevind.
Twee luiperds ná jare se haglike toestande in SA hervestig
Die organisasie het Vrydag, op nasionale luiperddag, aangekondig dat die twee luiperdwyfies – wat vir jare saam met talle ander diere in haglike toestande by ʼn onwettige teelfasiliteit in Śrem naby Poznań in Pole aangehou is – vandeesweek in Suid-Afrika hervestig is.
‘Red Ngwathe-munisipaliteit nóú of niks bly oor’ – AfriForum
Inwoners van al die dorpe onder Ngwathe se bestuur, naamlik Parys, Heilbron, Koppies, Edenville en Vredefort, ontvang gebrekkige en selfs geen dienste nie.
Kommer ná onderwyser, leerder mekaar bydam
Beeldmateriaal wat wys hoe ʼn gr. 9-leerder ʼn onderwyser byna platslaan, waarna die onderwyser opstaan en ʼn stoel gewelddadig in die seun se rigting gooi, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Mynwerker sterf in rotsstorting by Doornkop-myn
Die omgewing van die ongelukstoneel is intussen tydelik gesluit en die oorsaak van die ongeluk word tans intern en deur die reguleerder ondersoek.
Só vergelyk DA en VF Plus se standpunte
Hier is ʼn ontleding van sake waaroor die DA en VF Plus met mekaar saamstem én verskil.
Poskantoor nóg een van ANC se mislukkings – DA
Ondanks die regerende party se pogings het die sakereddingspraktisyns, ironies genoeg net voor Werkersdag, aangekondig dat hul “finale poging” om aansoek vir tydelike werknemerverligtingsvoordele (Ters) deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geweier is.
Polisie weier glo hulp in ondersoek na moord op DA-man
Nel sê dit laat vrae ontstaan oor die polisie se bereidwilligheid om politieke moorde te ondersoek – veral dié waarby lede van die opposisieparty betrokke is en waar slagoffers nie bondgenote van die regerende party of sy politieke maats is nie.
SOS gekant teen Bela-wetsontwerp
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het sy stem by die koor van besorgdes gevoeg in teenkanting van die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Gauteng se skuilingstelsel ‘‘ontwrig’ weens staat se onbevoegdheid
Besnoeiings van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling (DSD) se befondsing aan nie-winsgewende organisasies ontwrig veral mishandelde vroue om toegang tot broodnodige dienste en skuilings te kry.
17 jaar ná Maddie verdwyn: ‘Die afwesigheid maak steeds seer’
“Dit is 17 jaar sedert Madeleine van ons weggeneem is. Dit is moeilik om daardie getal te sê sonder om ons koppe in ongeloof te skud.”
Kirstenbosch oop, bergroetes bly gesluit
Dit smeul plek-plek steeds op Tafelberg en talle roetes bly gesluit.