Maroela Media het hande met Paul Roux van FinMeUp gevat vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks.
Lees meer‘Dit lyk glad nie soos ʼn ouetehuis nie!’
Amoré Bekker beskryf die Celebration-aftreelandgoed in Randburg as “Johannesburg se besbewaarde geheim”.
Tweepot-aftreestelsel: Raad van provinsies aanvaar wetsontwerp
Die tweepot-aftreestelsel is ʼn stap nader aan implementering nadat die NRP dit op 25 April goedgekeur het. Ina Opperman verduidelik wat gebeur volgende.
SA misdadigers teiken kleiner, duur items
“Hierdie tendens is waarskynlik daaraan toe te skryf dat klein items soos selfone, skootrekenaars, tabletrekenaars en selfs beursies nie alleen baie werd is nie, maar ook eenvoudig makliker is om te steel en weg te steek.”
Motoriste betaal weer meer by petrolpomp
Die belangrikste bydraende faktor was sekerlik die toenemende geo-politieke spanning in die Midde-Ooste en volgehoue produksiebesnoeiings deur lid- en vennootlande van die organisasie van petroleumuitvoerlande.
Verbruikersake: Wat gebeur met jou huis wanneer jy sterf?
Het jy al gewonder wie jou huis sal besit en na jou dood daarin sal woon? Dit is ʼn belangrike vraag om te oorweeg en moet in jou testament beantwoord word.
Rasmalheid bedreig duisende eiendomsagente se werk
“Ondernemings sal beslis huiwerig wees om wit personeel aan te stel aangesien hulle nie die nodige SEB-punte sal kan ontvang nie. Ander ondernemings sal hulle tot afleggings moet wend om aan dié syfers te voldoen.”
Pas SEB toe, of sluit jou deure, sê eiendomsreguleerder
Volgens Sakeliga het die regering ten doel om alle ekonomiese aktiwiteite onder “politieke beheer” te bring, selfs ondernemings wat niks met die staat te doen het nie.
Regulering kan kripto stukrag gee
Die langverwagte Bitcoin-halveringsgeleentheid het bykans ongesiens verbygeglip, maar beleggers gaan dié kubergeldeenheid se vertoning oor die volgende paar maande met valkoë dophou.
Hoe jy trou is nie perdekoop nie
Binne, buite, aanwas? Trou is nie net trou nie, in elk geval nie wat jou finansies betref nie, skryf Leon-Ben Lamprecht.
Nog twee Uniq-klerewinkels open in Gauteng
Die Shoprite-groep se Uniq-winkels het boonop ʼn selfbedien-betaaltoonbank wat beteken klante hanteer self die betalings deur ʼn skandeerder en rekenaar te gebruik.
Verslag: Talle SA’ners oorleef op skuld
Die uitwerking van die voortdurende stygende koste van elektrisiteit beteken ook dat 41% van landsburgers daarsonder klaarkom. Verbruikers sal vanjaar selfs meer noustrop trek nadat Eskom-tariewe onlangs met 12,74% gestyg het.
Anglo verwerp BHP-aanbod van $38,8 miljard
Die BHP-aanbod is opportunisties en versuim om Anglo American se vooruitsigte na waarde te skat, sê Anglo American se voorsitter.
Steinhoff: Verbeurdverklaring van bates ‘skep regspresedent’
ʼn Regskenner sê die batebeslaglegging in die Steinhoff-saak is ʼn belangrike gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse regspraktyk “wat die kragtige toepassing van wette illustreer wat ontwerp is om finansiële misdade te bekamp”.
Mynreus BHP wil Anglo dalk oorneem
Mits die transkasie ten volle deurgevoer word, sal dit een van die grootstes in jare in die bedryf wees.
Beskerm jou nalatenskap met boedelversekering
Met boedelversekering in plek, kan eksekuteurs en begunstigdes die testament verifikasieproses met vertroue navigeer, met die wete dat hulle nie deur buitensporige fooie en belasting belas sal word nie.
Kosmandjie: Uie, tamaties en wortels duurder
Johannesburgers het veral vandeesmaand gehoes om ʼn basiese huishoudelike kosmandjie vol te maak.
Verbruikersake: Hoeveel het jy nodig om af te tree?
Weet jy regtig hoeveel jy nodig het om af te tree en hoe om te verseker dat jy genoeg spaar?
Video: ‘Volg jongste tendense op sosiale media’
In Magriet Groenewald se laaste wenk in dié videoreeks raai sy entrepreneurs aan om tyd op sosiale media deur te bring om die jongste tendense raak te sien en na te maak.
Jou testament: 5 dinge vir ‘n veilige toekoms
Die opstel van ‘n testament is ‘n belangrike stap om te verseker dat jou bates en geliefdes volgens jou wense beskerm word. Die proses kan egter kompleks en vol moontlike slaggate wees as dit nie bedagsaam benader word nie. Hier is die topvyf dinge wat jy in gedagte moet hou.