Raaisel rondom Boksburg-man se dood

Johan Henning. Foto: www.looklocal.co.za

Johan Henning het verlede week van sy huis in Boksburg gery om ‘n motoronderdeel af te lewer toe sy familie sowat twee ure later ‘n oproep van die Glynwood-hospitaal ontvang het dat hy gesterf het nadat sy keel afgesny is.

LookLocal Boksburg berig dat Henning op Vrydag 1 Junie omstreeks 16:40 aan sy dogter Amanda gesê het hy is op pad huis toe. “Dit was die laaste keer wat iemand met hom gepraat het,” volgens ‘n familievriend, Madelene Venter. Die hospitaal het Henning se gesin omstreeks 18:30 gebel en gesê hy is dood. Henning het glo sy bakkie by die hek voor die hospitaal gestop. Veiligheidswagte het opgemerk dat iets fout is en onmiddellik paramedici ontbied. Henning se keel is afgensy en hy het kort hierna aan sy beserings beswyk. Venter sê die familie het talle onbeantwoorde vrae. “Was dit ‘n kaping of rooftog wat skeefgelopp het?” Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Benoni polisiestasie kontak by 011 747 0000.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.